Wie Was Die Stamvader?

Jan Coenraad VISSER of Gerrit Jansz VISSER?

Author:  Gerda Visser Contact me:  gr2311@googlemail.com


 Die HOIK gee opdrag aan Jan van Riebeeck om 'n halfwegstasie aan die Kaap van Storms te stig en stuur hom en sy bemanning met drie skepe, naamlik die Ryger, Die Drommedaris en die Goede Hoop.  Jan van Riebeeck arriveer op 6 April 1652 aan die Kaap, en gee opdrag dat 'n Fort gebou moet word om die bemanning teen die elemente van die natuur te beskerm.

JAN COENRAETSZ VISSCHER (JAN COENRAAD VISSER)

Ref. Leybrandt "Precis of the Archives of the Cape of Good Hope:  Letters and documents received 1649- 1662 Deel 11: 

Letter from Delft, dated 30.11.1660 . 164:  "From our ships' books we found that the two following persons have become free men at the Cape, who, when they left, had incurred considerable debt for their outfit, which, however, they had not communicated to their creditors, viz., Jan Coenraadt Visscher of Eemnes? (Ommen?), soldier from the Dort, who left Patria in 1657, was on the 8th May, 1658 drafted on shore as hunter, and made freeman on the 30th September, 1659." 

Jan Coenraad VISSER, gebore 1633 Ommen, Nederlands, bereik die Kaap gedurende 1657 as soldaat en pastoor aan boord van die skip "Dort" wat vanaf Delft in Nederland geseil het.  (Ref: Rootsweb.com, FHC Fiches.) Hy land op 28 April 1658 aan die Kaap, en op 8 Mei 1658, verkry Jan die pos as jagter "hunter" vir die HOIK. Op 30 September 1659 verkry Jan sy Vryheidsbrief wat hom instaat stel om hom as burger in Rondebosch te vestig.  In die Vryheidsbrief word sy amp wat hy beklee het, beskryf as "soldaat by die Fort." 

Jan Coenraad VISSER, kort voor lank diep in die skuld

Jan was in sy element, want hy het 'n plaas gekry van ongeveer 60 morge langs die Liesbeeck-river om the bewerk maar kort voor lank, beland hy diep in die skuld by die Kompanjie. Volgens 'n verslag in Jan van Riebeeck se Joernaal, gedatteer September 1660, (p.255) word verklaar dat Jan se gegewe plaas defnitiewe tekens van agteruitgang begin toon het. en dat hy en Pieter VASAGIE, 'n medeburger, albei al dieper in die skuld beland het by die Kompanjie, sodanig dat hulle vasgevat moes word.

"September 1660, page 255, Jan van Riebeeck Journal, Vol 111, 1659 - 1662

"The farmers Pieter VASAGIE and Jan Coenraet VISSER have for some time been increasingly lax in their work and have in the meantime been running up heavy debts, without showing the necessary diligence for their grain-farming, out of which they could have repaid their debts.  This has been tolerated long enough, and intructions have now been given to Cruijthoff, the Company's farming super-intendent, to press these men daily to do their duty properly on their farms, just as if they were Company's servants.  He shall dontinue to do this until their lands are so far restored to productivity that their value is equal to the debt that they owe us, and that they may henceforth incur.  This example will also encourage others to do their work better, for, after all, it is the Hon Company that advances everything for them at a very reasonable rate and sustains them.  As the Company has put them properly on their feet, it is no more than reasonable that they should either apply themselves diligently to paying off their debts, or be forced to do so by authority of the Company"

Ek glo dat Cruijthoff vir Jan Coenraad VISSER hard laat werk het.  Soos dit met mens is as jy onder stres moet leef, het dit Jan sekerlik beweeg om aansoek by die owerhede te doen sodat sy vrou en kinders wat in Nederland agtergebly het, toegelaat moes word om by hom aan te sluit.

Uit Letters and Documents Received from Amsterdam, dated 19 th September 1961, p. 183 (eerste verwysing):  "At your request we have granted a passage to one or two wives whose husbands are at the Cape, subject to the usual condition to remain there for fifteen years. The wife of Jan Coenraetsz we have given f25 for her outfit which you may recover there. Die Malacca skip het Nederland op 3 Oktober 1661 verlaat en het die Kaap op 4 Feb 1662 bereik. (Lorna Newcombe)

Die ander twee skepe wat na die Kaap vertrek het, was die Amersfoort en Wapen van Amsterdam.

Ref: Jan Van Riebeeck se Dachregister gehouden by den Oppercoopman Jan Anthonisz van Riebeeck. Deel 11.   1659 - 1662. 4.2.1662, p. Dr. D.B. Bosman, Dr H.B Thom. Van Riebeeck Vereniging, Kaapstad: A.A. Balkema, 1957

Soos ooreengekom, het Cruijthoff elke dag daar by Jan aangekom en sekergemaak dat Jan sy plaas bewerk, soos wat die Kompanjie van hom verwag. Vir Jan was dit natuurlik goeie nuus toe hy verneem dat sy vrou,Geertjen, en sy kinders, toegelaat was om per skip na die Kaap te reis om by hom aan te sluit.  Gedurende 1662 arriveer Geertjen (Margaretha) GERRITS, gebore C1636, Nederland, en hulle kinders wat in Hardenberg, Nederland, gebore is.

Die Monsterrolle vir 1664 toon Jan en Grietjie met 3 kinders aan : Gerrit, Geesje en Coenraad.

Die Monsterrolle vir 1666/7 toon Jan en Grietjie aan met 5 kinders, nl. Gerrit, Geesje, Coenraad, Zacharia en Johannes.

Bo-staande inligting in verband met die kinders van Jan en Grietjie kan verwarrend wees, maar volgens Wyle Dr J.L.M. FRANKEN se artikel in Standpunte van Oktober/November 1956, doen Jan aansoek om belasting verligting op die 18de Desember 1662: 

"18 Dec 1662:  For Tax relief Purposes Jan stated that his family consisted of himself, his wife and five children, one of the children being his second eldest son, Gerrit Jansz VISSER, who was then about 5 years of age."

Die kinders se name was:

b1 Gezina (Geesje Jans) VISSER, gebore ong. 1654, Hardenbergh, Overijssel

b2 Maria Jansz VISSER, gebore/gedoop ong. 1655, Overijssel

b3 Coenraad Johannes VISSER, gebore ongeveer 1656, Overijssel

b4 Gerrit Jansz VISSER, gebore ongeveer 1657, Ommen

b5 Zachariaz Jansz VISSER, gebore ongeveer 1658, Overijssel

Miskien was dit Geertjen se tydige aankoms en die aanmoediging van Kruijthoff wat veroorsaak het dat Jan die hande uit die moue begin steek het, want gedurende die loop van 1663 geluk dit hom om 42 mud graan te produseer.  As gevolg daarvan word hy toe beskryf as een van die mees belangrike graanboere en verskaffers aan die Fort, Kaap de Goede Hoop, wat toe in daardie tyd gedien het as die halfweghuis vir die skepe van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie, op pad op die nuwe roete om die Kaap.

Behalwe die verpligtings van die Vry Burgers teenoor die HOIK, om vars goente, vleis en graan te verskaf aan die Hollandse skepe wat by die Kaap aandoen, moes elkeen van hulle ook belasting betaal. 

For more information, go to top of page and double-click on "Jan Coenraad Visser"