Was dit sy growwe lewe en verskeie hofsake wat Jan Coenraad VISSER die bynaam van Jan Groff laat kry het?

 Hier volg 'n lys van hofsake 1652 - 1672, soos gevind in die S.A. ARGIEFSTUKKE - BELANGRIKE KAAPSE DOKUMENTE, DEEL 111 (Uit die Raad van Justisie, 1652 - 1672.  Geredigeer deur A.J. Boeseken, B.E, M.A., D.Phil.  Uitgewer:  Die Staatsdrukker, Pretoria, 1986)

1.  Volgnommer 134, op 9 Feb 1664 word Jan Coenraed VISSER, Willem WILLEMZ van Deventer en Jacob CORNELISZ van Danzig skuldig bevind aan ruilhandel en beboet.  Die ruilhandel skape word verbeurd verklaar <No 43. pp. 150-151 verwysing C.J.1. pp. 234-236

2.  Volgnommer 220, op 30 April 1667, Jan Coenraet VISSER vs sy kneg Zacharias PIETERZ van Straalsund, Dros en Bedrog, Lyfstraf.  Verwysing C.J.1.p.30

3.  Volgnommer 232, op 18 Junie 1667, Jan Coenraet VISSER vs Cornelis CLAASZ, skuld, Visser moet eers sy skuld aan die Kompanjie betaal.  Verwysing C.J.1.p.360

4.  Volgnommer 288, op 17 April 1668, Zacharias CORNELISZ van Emboden, gewese kneg van Jan Coenraet VISSER, diefstal. Fiskaal eis dat hy gegesel en tien jaar in kettings na Robbeneiland verban word.  Vonnis ontbreek.  Verwysing C.J.1.pp. 452 en 460.

5.  Volgnommer 295, op 22 Aug 1668, Jacob CLOETE, van Keulen, Jan VERHAGEN, Willem SCHALK, Jan Coenraet VISSER en Willem WILLEMSE van Deventer, onwettige handel met die Hottentotte, fiskaal eis konfiskasie van beeste en boete van 50 Rds elk. Verwysing C.J.1.pp.473, 475 - 476 en 477 - 478.

6. Volgnommer 309, Jan Coenraet VISSER, Sonder toestemming in die binneland gejag, straf kwytgestel, No 79,p. 282> Verwysing C.J.1.p.502

P 179 S.A. Argiefstukke - Kaap N 2. Resolusies van die Politieke Raad Deel 2, 1670 - 1680: Jan Coeraad VISSER het die bynaam van Jan Groff gekry:

"Den huurder sal vermogen sijn neeringe te doen met Vaterlantse dranck en arack, Noort en Westwaart van geseyde thuijn tot aan de huysinge van Jan Coenraad VISSER, alias Jan GROFF en Christiaan JANSZ van Hoerum.

Toe Jan Coenraad VISSER die bynaam van Jan Groff verkry het, het hulle sommer vir Jan se vrou Geertjen, die bynaam van Grietjie Groff gegee.

Jan Coenraad Visser se nuwe Buurman

Willem WILLEMSE (WILLEMSZ), gebore C1643, vanaf Deventer, Gelderland, Nederland het in 1656 as matroos in diens van die HOIK aan die Kaap gearriveer. 

Op 6 Maart 1657 bevind hy hom nog in hulle diens, maar kort daarna is hy onder die veertiental aan wie op 14 en 15 April 1657 die eerste Vrybriewe deur Jan van Riebeeck uitgereik is.  Op 31 Maart 1657 word vermeld dat hy die Kompanjie verlaat het om te gaan dien by die "vrylui". Op 15 Februarie 1658 is hy werksaam as kneg op 'n plasie aan die Liesbeeckrivier.  Op 1 Mei 1661 kry hy vogens 'n erfbrief sy eie plasie van 536.5 roede (25 morg) groot agter Tafelberg tussen Tafel-en Valsbaai. In 1662 word Jan Coenraad VISSER  en sy buurman Willem, groot vriende, en gaan jag dikwels saam in die binneland.

Daar was sekerlik 'n oor-en-weer kuiery tussen Jan en Willem en in die proses raak Jan se dogter, Maria Jansz VISSER, verlief op Willem.  Hoewel hulle twee in  1671 getroud is, kan daar tot dusver geen huweliksregistrasie in die Kaapse Huweliksboek opgespoor word nie.

Probleme in die Paradys

Gedurende 1671 arriveer Ockert Corneliszoon OLIVIER aan die Kaap en tree in diens as kneg vir Willem WILLEMSE.  Willem was 'n ywerige landbouer en hy en sy skoonpa het dikwels op jagtogte gegaan, met die gevolg dat Willem sy jong vrou erg verwaarloos het.

Toe hy op 27 April 1672 van die land by die huis aankom, vind hy sy bierkan gebreek. Toe hy verneem dat die Hottentot in sy diens dit gebreek het, het hy "moeijelick" (woedend) geword en sy roer gaan haal, wat, volgens hom, met los kruit gelaai was om die werker net 'n bietjie skrik op die lyf te jaag.  Vanuit sy skuur op drie-en-sestg tree het hy met die tweede skoot uit die snaphaan (geweer) die Hottentot dodelik verwond, ten aanskoue van Ockert OLIVIER. Willem is in hegtenis geneem en aangekla van moord.

(Verwys na die De Villiers/Pama boek. Verwys ook na S.A. ARGIEFSTUKKE - BELANGRIKE KAAPSE DOKUMENTE DEEL111.  Die Raad van Justusie, 1652 - 1622, geredigeer deur A.J. Boeseken, B.Ed, M.A., D.Phil.  Uitgewer: Die Staatsdrukker, Pretoria, 1986)

Volgnommer 438, Datums: 24.4.1672, 16.5.1672, 30.5.1672, 22.6.1672, 06.07.1672, 20.7.1672, Beskrywing:

Pieter de Neijn VS. Willem Willemsz van Deventer, Moord op 'n Hottentot en daarna gevlug. Besittings word gekonfiskeer en hy mag nooit weer aan die Kaap kom nie.

(Het later met spesiale vergunning van die Prins van Oranje na die Kaap teruggekeer)

Verwysings:  C.J.282, pp. 69-80 en 87, C.J.1. pp. 756, 759, 760, 771, 775 en 777, C.J. 780. No 123: pp. 399 - 401

Op aanrade van Willem se skoonouers en vriende het hy as verstekeling op 'n Deense skip "Malagos" op 4 Mei 1672 na Europa gevlug.  Dus daag Willem WILLEMSE nie by die Hof van 14 Maij op nie.  'n Bevel vir sy inhegtenisname blyk onsuksesvol te wees en hy word uit die Kaap verban vir ewig en "allendaagen". 'n Derde van sy besittings word verbeurd verklaar ten behoewe van die Fiskaal.  Die hofdokument word geteken gedurende Julie 1672 deur 'n raad van nege lede.  Hierdie dokument is in die Kaapse Argief in oud-Nederlands geskryf, wat slegs nog deur enkele opgeleide persone ontsyfer kan word.

Willem het vertoe gerig aan die HereXV11.  As gevolg hiervan is hy terug na die Kaap gedurende 1673, maar word nie hier toegelaat nie en word na Robbeneiland gestuur, afhangende 'n besluit van die Here XV11, aangesien sy "manslagh" geensins onnosel was, maar "voorgedachtelijck en met boos opset gedaan".  Willem moes gevoel het dat sy hele lewe in duie gestort het. Hy is aangekla van moord, kon nie terugkeer huistoe na sy jong vrou nie en moes wag vir die Here XV11 om hom te vergewe vir die wandaad wat hy begaan het.

Arme Maria bevind haar sonder haar eggenoot, en om alles te kroon is een derde van hulle besittings gekonfiskeer.  Sy had iemand nodig om haar te beskerm en op wie se skouer sy kon huil, so sy wend haar na hulle kneg, Ockert OLIVIER.  As gevolg van omstandighede leef hulle saam en kort voor lank raak Maria swanger met Ockert se kind.

Willem WILLEMSE raak siek in aanhouding op Robbeneiland en gedurende September 1675 word 'n ylende Willem vir behandeling op die vasteland toegelaat.  Tot sy uiterste ontsteltenis vind hy Maria met twee kinders, Dina en Cornelis, gevader deur Ockert OLIVIER.  Willem dagvaar haar voor die hof vir "seer lichtvaardigh" afvallige gedrag, sodat 'n geweldige stryery tussen die twee ontstaan het.  Dit was so erg dat die Kaapse Politieke Raad besluit op 18 Aug 1676 om beide in aparte skepe na Batavia te "largeer". Tot tyd en wyl hulle vertrek, sal haar "pol" Ockert Corneliszoon OLIVIER, op Robbeneiland geplaas word.  Geen maand later is Maria en Willem in der mate versoen "malcander en onder handtasting beloftengedaan van voortaan vreedsameltje met den anderen te sullen leven" dat die Raad op 3 September 1676 besluit om hulle bymekaar op dieselfde skip "de Vrije Zee" na Batavia te laat vertrek.

Maria raak weer swanger.  Hierdie keer is die vader Willem WILLEMSE.  Gedurende Mei 1677 keer Willem en Maria vanaf Batavia na die Kaap terug, maar die Hottentotte het nie vergeet van die moord wat gepleeg was nie.  Willem en Maria noes die geskimp en gespot van die Hottentotte aanhoor en verduur.  Hulle dogter Aeltje WILLEMSE word gebore op 20 Jun 1677, Kaap.  Weens omstandighede besluit die Raad op 14 Julie 1677 om Willem en sy gesin na Mauritius te stuur "om uijt het oogh van dese schimpige Hottentots te zijn als om verdere onlusten te vermijden"

Intussen was die twee buite-egtelike kinders by hulle grootvader, Jan Coenraad VISSER, maar na die versoening tussen Willem en Maria besluit die owerhede om die kinders as "echte" kinders te beskryf omdat "de man sijn vrouw alles vergeven heeft." Die kinders word in sorg geplaas by hulle groot-ouers, Grietjie en Jan GROFF, met Ocker(t) Corneliszoon OLIVIER, hulle biologiese vader, verantwoordelik vir hulle onderhoud.

Maria en Willem WILLEMSE se verblyf in Mauritius was blykbaar alles behalwe aangenaam en vreedsaam.  Willem is voor Oktober 1686 oorlede.  Ongeveer 1690 trou Maria Jansz VISSER, wed. van Willem WILLEMSE, op Mauritius met Leendert Simonsz STAM, burger van Drakenstein en oorspronklik afkomstig vanaf Amsterdam.  Maria en haar kinders keer saam met Leendert STAM terug na die Kaap.

Ockert OLIVIER besluit dat dit nie die moeite werd is om langer vir Maria te wag nie.  Hy trou op 5 Feb 1679 met Aletta VERWEY.  Sy was gebore te Woerden, Nederland.  Aletta VERWEY se ouers was Gysbert VERWEY en Catharina GANZEVANGER.  Ockert OLIVIER en Aletta VERWEY het 13 kinders gehad.

Ockert was aangekla op 14 Feb 1692 as gevolg van onwettige drankverkoop.  Hy was beboet met 1.000 gulden omdat hy skuldig bevind was aan onwettige drankhandel.

Gedurende 1705 sterf Ockert OLIVIER. Aletta se inventaris in 1720 sluit die plaas Hooggebergsvalleij aan die Klein Stinkrivier, en die opstal Vrolijkheid in Roodesand.  Dina en Cornelis OLIVIER was nie genoem in Aletta VERWEY, vrou van Ockert OLIVIER, se testament nie, of in Aletta se moeder, Trynje GANSEVANGER se testament nie, hoewel GANSEVANGER wel voorsiening gemaak het vir haar kleinkinders in haar testament.  So, Aletta en Trynje het nie die onegte kinders aanvaar as eie bloed nie.

Wat het geword van die twee buite-egtelike kinders van Ockert OLIVIER en Maria WILLEMSE?:

1. Dina Okerts OLIVIER, gebore ongeveer 1674, KAAP, trou met Hans Jacob BRITS, gebore C1661, van Stein, Stellenbosch.  (Hy sterf op 15 Feb 1729 Kaap.)  Dina word die stammoeder van die Brits families in Suid-Afrika.

2. Cornelis OLIVIER, gebore C1675, KAAP, trou 22 Nov 1699 met Anna Catrijn Rijkman van WEIJ, 'n weeskind.

The Journal of the Orphan Chamber 1698 (MOOC 18/1)  NN Catrijn van der WEIJ ~ 15 Sep 1686, d/v Johannes Rykman van WEIJ en Maria MATYSSEN.  The journal gives an account of monies held in trust for "de Weeskinders van Vrijburgeresse Maria Matthyse", Johanna and Anna van der Weij and Maria Eli.  In 1699 (MOOC 5/1) the Orphan Masters report a request for her hand in marriage: "Pupillen die mogen trouwen: 6.11.1699 versoek van vrijburger Cornelis Ockertzoon om met het weesdogtertje Anna Rigman in den egten staat te mogen treeden aangesien dat sij al bij de 14 jaren oud is en die persoon voornaamt in staat is om het dogtertje te kunnen onderhouden." On 22 Nov 1699 (VC 604) they were married and on 21 Dec 1699 Cornelis Ockersz signed a receipt (with an X) on behalf of "Mijn huisvrouw Anna Rigman van Weij" for personal effects left her by her mother Maria Mathysse Eli "Voortyds huisvrouw von Johannes Rigman, baastuijnier" (GSSA)

For more information, please double click on the heading at the top of this page: "JAN C VISSER NAGESLAG"